Piet Visagie.
Doc Craven
Genslin
Piet Visagie : Doc Craven
Piet was a country boy who had to work hard to reach the top. But he was a bit luckier than most players from rural areas. His father-in-law, Jumbo Harris, mining manager, was a loyal club member of Ammosal and he really built up the club and its players.
He had a great deal to do with Piet's success as he taught him to train and practice methodically. Once Piet had perfected his kicking he concentrated on his running and ability to break the line, and one can see how well he succeeded in that respect, and how often he broke the line in his later tests.
He reminded me of Tony Harris in many ways - a player who seldom broke but when he did, it usually led to a try. Piet Visagie played a great role in our rugby history.
Nog ‘n naam wat, na dekades, die hart opnuut groen en goud laat klop.
Die Springbok-spilpunt van die laat Sestiger- en vroeë Sewentigerjare was egter, in die rugbytaal van wyle Gerhard Viviers, Piet ‘Visasie’.
En, die slag wanneer ‘Visasie’ die lyn gebreek het, het ‘Spiekeries’ byna net so opgewonde uitgesaai soos toe ‘Siddie, Siddie, Siddie’ Nomis in 1970 teen die All Blacks gaan druk het.
Want soos daardie ghoeroe van SA rugby, wyle Dok Craven, eens opgemerk het, “Piet (Visagie) was nie ‘n speler wat gereeld die lyn gebreek het nie, maar wanneer hy wel gebreek het, het dit gewoonlik op ‘n drie uitgeloop...”
Hoewel ‘n boorling van Kimberley, en een van Griekwas se groot helde in hul Curriebeker-triomf van 1970, bevind Piet Visagie hom deesdae op Potchefstroom, waar hy en vroulief Carol, met wie hy reeds meer as 50 jaar getroud is, by hul seun, Jacques-Pieter, ‘n verteenwoordiger, bly.
Die Visagies het ook twee ouer dogters, wat altwee oorsee woon.
“Caron werk vir ‘n tandheelkunde-praktyk in Tauranga, Bay of Plenty, en dit nogal vir ‘n Suid-Afrikaanse tandarts,” vertel Carol.
“Sy het twee seuns, Reece, wat rugby speel vir Gordon Rugbyklub, noord van Sydney, Australië, en Dylan, wat diens doen in die Nieu-Seelandse vloot.
“Peta-Maria woon in Royal Tunbridge Wells, Kent, 30 myl suidoos van Londen, en het drie skoolgaande kinders, Ciara, Lauren en Liam.”
Piet Visagie, wat onlangs met demensie gediagnoseer is, het nog ‘n skerp sin vir humor en goeie herinneringe van sy speeldae.
“Die bene en rug is nie meer so lekker nie, maar dis maar ‘n kombinasie van die ouderdom en ou rugby-kwale,” vertel hy.
Visagie het skoolgegaan op Reivilo, ‘n klein plaasdorpie 200km noordwes van Kimberley.
“Daar was basies net ‘n kerk, skool, poskantoor, polisiestasie en veemark,” onthou hy.
“My pa was elektrisiën op die dorp, maar dit was meer plaaslewe as dorpslewe. Dit was ook maar ‘n kleinerige skool, maar baie lekker; ek het so bietjie rugby daar gespeel, maar niks besonders nie...”
Visagie se rugbyloopbaan het werlik eers begin koers kry toe hy na skool op die Beeshoek-myn naby Postmasburg, een van die grootste ysterertsreserwes in Suid-Afrika en in die wêreld, begin werk en by Ammosal Rugbyklub met ene Jumbo Harris te doen gekry het.
Harris, ‘n mynbestuurder, was nie alleen voorsitter van die Ammosal-klub en Griekwas-keurder nie, maar ook die pa van Carol. Dit, natuurlik, is hoe Piet en Carol Visagie uiteindelik ook bymekaar uitgekom het.
“Jumbo was rugbymal,” gee Visagie te kenne.
“Hy het ‘n reuse aandeel daaraan gehad dat Ammosal so ‘n sterk klub geword en so goed presteer het. En, hy het ‘n groot invloed op my loopbaan gehad.”
So ‘n groot invloed dat Visagie uiteindelik, op 15 Julie 1967, sy buiging vir Suid-Afrika gemaak het in die oortuigende sege van 26-3 oor Frankryk op Kingspark in Durban.
‘n Paar weke later het Visagie ook ‘n sleutelrol gespeel in Griekwas se oorwinning van 20-14 oor die Hane in Kimberley - toe reeds ‘n aanduiding daarvan dat die Poubloues oppad was na groot dinge.
In 1968 was Visagie ‘n sleutelfiguur in die Bokke se reeksoorwinning van 3-0 oor die Britse & Ierse Leeus, en die daaropvolgende seisoen het hy ‘n wêreldrekord 41 punte aangeteken in die tuisreeks van vier toetse teen die Wallabies.
Die hoogtepunt van sy toetsloopbaan was ongetwyfeld egter toe hy gehelp het om die magtige All Blacks met die kous oor die kop terug Kiwi-land toe te stuur in 1970.
Visagie het in die dramatiese eerste toets op Loftus Versfeld, wat Suid-Afrika met 17-6 gewen het, ‘n flink skepdoel deur die pale geklits, en in die vierde en beslissende toets op Ellispark die eerste spyker in Nieu-Seeland se kis geslaan, toe hy gaan druk het na ‘n vlymskerp breekslag.
“Ek dink ek het maar oor my voete geval,” skerts Visagie as hy gepols word oor daardie drie.
“Maar, ja, daai was ‘n uitstekende Bokspan, wat vir ‘n hele paar jaar reeds saamgespeel het, en die All Blacks was vir seker dié span om te klop.”
Die Springbokke wen uiteindelik 20-17 om die reeks met 3-1 te beklink, en skaars twee weke later skok Griekwas vir Noord-Transvaal met 11-9 in die Curriebeker-finaal van 1970.
Visagie was ‘n doring in die oppossisie se vlees met sy uitgeslape spel op losskakel, en het een van Buddy Swartz se twee drieë in die eerste helfte verdoel. Die laaste strafdoel, in die doodsnikke en van binne Griekwas se halfgebied, waarmee hulle die Ligbloues se doppie finaal geklink het, was egter deur losvoorspeler Peet Smith waargeneem.
“Dit was ‘n bietjie verder as wat ek normaalweg geskop het,” merk Visagie droogweg op.
“Ek was te klein, te kort, vir sulke lang skoppe.”
Die daaropvolgende siesoen het Visagie weer geskitter op die betogtertoer van Australië.
Die Bokke het met 3-0 skoonskip gemaak teen die Wallabies, en Visagie druk onder andere drie drieë in die laaste twee toetse wat, tesame met drie doelskoppe, een strafdoel en een skepdoel in die reeks, sy Springbok-rekord na 130 punte opgestoot het.
Op 28 sou dit egter die laaste keer wees wat Visagie in die groen en goud uitgedraf het.
“Ek het na ons teruggekeer uit Australië, my been gebreek in ‘n paaslike wedstryd, en toe móés ek ophou; my been was na hulle geopereer het vol skroewe...”